WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

Godspoet - Topics
Create Your Own App Store

* Godspoet > Topics


Subject: afrikaanse gedigte
Replies: 8 Views: 664

bronzpot 4.11.14 - 12:00pm
Afrikaanse gedigte wat die Here prys!!! *

bronzpot 4.11.14 - 12:02pm
Donkerte roep
--------------------

Daglig, raak nou duister
Stemme, in my fluister

Kom, dwaal af die pad
Kom, na die dwase stad

Babel, roep na my
Om my siel, te verkry

Ek probeer terug veg
Maar U pad, raak weg

Heer!My hart pleit!
Dryf, die donker uit

Ek's stukkend en verniel
Die donker, soek my siel.



*

bronzpot 4.11.14 - 12:04pm
Donker gebed

Baie geraamtes
In die kas
Die satan Heer
Het my nou vas

Ek pleit Heer
Dit maak seer
Hy wil my lewe
kom verskeur

Die donker woed
Hier binne my
Dit wil net uit
Dit wil nie bly

Heer ek stuur
U die gebed
Net U lig
Kan my nou red
*

bronzpot 4.11.14 - 12:05pm
My gebed

Die pad is lank
Die pad is swaar
Maar U ek weet
Is altyd daar

Ek bid o Heer
Ek buig my neer

Wis uit die vuur
In hierdie uur

Here ek belei
Maak my siel vry
Maak die siel skoon
Dat U daar kan woon


*

bronzpot 4.11.14 - 12:06pm
Here loop met my

Bang, aleen
In n' vreemde land
U se
Kom vat my hand

Geen vyand
Kan ons verslaan
Want U
Sal by ons staan

U verlos ons
Van al die pyn
U liefde
Sal nooit verdwyn



*

bronzpot 4.11.14 - 12:07pm
Traandruppels

Sy woord val soos traandruppels
Hier op ons neer
Traandruppels wat kom
Uit die oe van die Heer

Hy treur oor die nasies
Waar geen lig meer skyn
En stadig maar seker
Al die liefde verdwyn

Sy traandruppels val
Wat ons kan genees
Leef nie in sonde
Maar leef in Sy Gees
*

bronzpot 4.11.14 - 12:09pm
Kinders van God

Ek hoor hul skreeu hier waar ek staan
N' menigte siele wat skreeu van die pyn
Hul weet nie meer waarheen om te gaan
Die pad het heeltemal voor hul verdwyn

Here help my om U pad te vind
Want in my hart voel ek steeds soos n' kind
N' kindjie teen n' wereld so groot
Wat vaskyk in die kake van die dood.

Leer U kinders dat U weet dit maak seer
Maar met U liefde maak ons al die pyn deur.

*

bronzpot 4.11.14 - 12:10pm
Die Here se dag

Hoor die lied
Wat die engele sing
Maak gereed
Die tyd is min!

Die tyd is reg
Maak oop die sluise!
Laat dit oorstroom
Tot in die huise!

Die dam se wal
Loop nou al oor!
Met die Here se woord
Wat almal moet hoor!

Voor Hom staan
Sy engele mag
almal gereed
vir sy grootste dag




*

bronzpot 4.11.14 - 12:11pm
Lig

Hier binne my
U lig wat skyn
Laat die donker
Heeltemal verdwyn

U lig
Bring Blyheid in my siel
Nooit weer
Sal die donker my verniel

U lig skyn
En wys die pad
En lei ons
Na U beloofde stad
*


* Reply
* Godspoet Forum


Search:
topics replies


* Godspoet

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store